Welkom by Laerskool Vorentoe

Hier kom ons kinders nog kaalvoet skool toe, leef naby die natuur op ons pragtige terrein en vorm deel van alle geleenthede wat ‘n toonaangewende skool soos Laerskool Vorentoe bied. Laerskool Vorentoe is ‘n dubbelmedium skool. Hier presteer leerders nie net op akademiese gebied nie, maar net so goed op die sport- en kultuurvelde. Laerskool Vorentoe in Groot-Brakrivier is ‘n klein intieme skool waar elke kind welkom is en erken word as ‘n unieke persoon. Dis ‘n skool waar kind wees verstaan word.

Ons moedig leerders aan om ‘n gesonde balans tussen sport, kultuur en akademie te handhaaf.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

“Hoog teen ’n Groot-Brak randjie staan ons skoolgebou, Waar kinders ywerig aan hul toekoms bou”

Die woorde uit ons skoollied vat dit waarvoor Laerskool Vorentoe staan mooi saam. Dit is ’n skool waar kinders in ’n veilige geborge omgewing nog kinders kan wees, kan leer, speel en presteer. ’n Klein skooltjie waar elke leerling deel van ’n familie is. Ons lê sterk klem op waardes en goeie karaktereienskappe. Daar is ’n goeie balans tussen akademie, sport en kultuur en Vorentoe staan vir geen skool terug nie. Ons beskik oor bekwame en gemotiveerde onderwysers. By Laerskool Vorentoe kan ouers met groot vertroue aanvaar dat hul kinders blootgestel gaan word aan kwaliteit onderrig. Ons lê tans onder die top 3 skole uit 24 skole in ons kring.

Oor die jare het Laerskool Vorentoe belangrike insette gelewer deur kinders vir hul toekoms voor te berei, en die groot aantal oudleerlinge wat hul merk gemaak het in die hoërskool, dien as bewys hiervan.Die vooruitsigte van die skool is rooskleurig met klasse wat stabiel vertoon en baie goeie resultate lewer.

Ek nooi u hartlik uit om Laerskool Vorentoe in Groot-Brakrivier, een van die mooiste dorpies in ons land, te besoek en ’n ingeligte keuse te maak.

GESKIEDENIS VAN ONS SKOOL

TROTS OP ONS GESKIEDENIS

Die skool het sy ontstaan gehad toe C.Searle & Co die grond geskenk het vir die bou van ‘n nuwe skool in 1929. Die skool is op 19 Februarie 1930 amptelik geopen deur Prof MC Botha, die Superintendent van Onderwys. Vanaf 1930-1975 staan dit bekend as die Sekondêre skool Groot-Brakrivier. Van 1976-1983 staan dit bekend as die Middelbare Skool Groot-Brakrivier. Vanaf 1983 word dit ‘n laerskool en staan bekend as Laerskool Vorentoe steeds gehuisves in die pragtige gebou met sy gewels en panoramiese uitsig.

Die skool se leuse “Vorentoe bestaan reeds sedert 1939. Die skool het tot en met 1976 verskeie hoofde vir kort periodes. Vanaf 1976 tot huidig: Mnr TS van Rooyen (1976-1983), Mnr LJA Prins(1983-1988), Mnr RK Saul ( 1988-2012), Mnr SW Theron ( 2012 – huidig) Die skool is dubbel medium en maak voorsiening vir beide Engels en Afrikaans.

AKADEMIE

Afrikaanse & Engelse
Onderrig

SPORT

Uitmuntende Sport
Afrigting & Spanne

KULTUUR

Individuele en
massa deelname

Ons bied ‘n veilige hawe waar kleuters nog kind kan wees. Ons het gekwalifiseerde, passievolle personeel met ‘n hart vir kinders. Graad RR en Graad R is tweetalig en ons volg ‘n formele, maar tog gebalansseerde leerprogram wat verseker dat u kind skoolgereed is. Lees meer

U is welkom om die skool te besoek

of te kontak op skooldae tussen

07:30 en 14:30

kontak

myschool card

Help om fondse in te samel vir Laerskool Vorentoe elke keer as jy jou inkopies doen!
Die voordele van ‘n kaarthouer is:

  • Jy kan geld insamel vir jou gunsteling skool sonder dat dit jou ‘n sent kos.
  • Jy kan een kaart by verskillende winkels gebruik.
  • Eksklusiewe afslag en spesiale aanbiedinge!

Kliek hier om aansoek te doen vir jou MySchool-kaart.

© Copyright - Primary School Vorentoe