Vakansie Kampeerterrein
Die Laerskool Vorentoe sportveld kampeerterrein is baie gerieflik sentraal geleë en naby al die attraksies van die dorp. Dit is ‘n pragtige veld, met direkte toegang tot die Groot Brakrivier waar kinders kan baljaar met bootjies SUP’s. Die kampeerterrein is slegs operasioneel van Desember tot Januarie.
- 24 uur sekuriteit en toegangbeheer
- Splinternuwe moderne ablusie fasiliteite
- Stap afstand vanaf winkels, apteek, restaurante, koffiewinkels, kerke, gimnasium, kroeg, viswater, muurbal- en tennisbane
- 3km vanaf die naaste strand
Kontakbesonderhede:
epos: vorentoecamping@gmail.com
tel: 044 6202211
Saal
Die skool se sportsaal word te huur aangebied.
Die saal en buite area is die ideale plek om jou volgende spesiale geleentheid aan te bied.
Die venue bied:
• Goeie ligging
• Nuut geteelde vloer (ideaal vir dans)
• Moderne badkamers
• Kombuis met kookgeriewe
• Buite braai area
• Nuutgeboude lapa area met binne braai
• Baie veilige parkering
Die fasiliteite buite die saal kan ook apart gehuur word. (Buite braai, sportveld en badkamers).
Kontak vir Christel Lourens: 044 620 2211

