FONDSINSAMELING
Om die uitstekende standaard van ons skool te handhaaf, loods ons jaarliks ‘n aantal fondsinsameling-projekte. Ons is gelukkig om ‘n ouer-liggaam te hê wat passievol is oor ons skool en wat waardevolle tyd en energie in hierdie projekte insit. Ons het ook ‘n gemeenskap wat die skool geweldig ondersteun deur donasies en borgskappe.
