Skooltye:
Wagklas: 13:00-14:00
Wagklas: 13:00-14:00
Ons bied een klas per graad en ons bekwame onderwysers fokus op die versterking en vaslegging van die basiese vaardighede, soos lees, spel en hoofrekene. Die vakke wat aangebied word, sluit in Afrikaans, Engels, Wiskunde en Lewensvaardigheid. Engels en Afrikaans word albei as huistaal aangebied.
Individuele hulp en aandag word sover moontlik aan leerders gegee en leerders wat ondersteuning nodig het, word verwys na die skool se leerderondersteuner.
Ouers se rol:
• Spandeer tyd daagliks saam met u kind aan huiswerk, en teken dit af.
• Maak seker dat u u kind se toetse sien en teken.
• Kommunikeer gereeld met u kind se onderwyser.
• Raak betrokke by die skool.
Alle klaskamers is toegerus met witborde en dataprojektors.