Seniorfase
Leerders handig take in en skryf ‘n toetsreeks in die eerste, tweede en derde kwartaal.
In November word ‘n eksamen afgelê. Eksamenroosters, wat die werkafbakening bevat, word vroegtydig aan die Gr. 4 – 7-leerlinge beskikbaar gestel.
Deurlopende assessering verseker goeie gehalte onderrig en monitor vordering. Rapporte word aan die einde van elke kwartaal uitgegee en dan het ouers die geleentheid om leerders se vordering met onderwysers te bespreek.
Daar word kwartaalliks balkies oorhandig aan die top 10 akademiese presteerders in elke graad en word sodoende aangemoedig om te presteer op akademiese gebied.
Individuele hulp en aandag word sover moontlik aan leerders verleen en leerders wat ondersteuning benodig, word na die skool se leerderondersteuner verwys.
Gr. 4 – 6-leerlinge ontvang onderrig in 6 vakke, nl.:
1. Afrikaans Huistaal
2. English First Additional Language
3. Wiskunde
4. Natuurwetenskappe en Tegnologie
5. Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis en Aardrykskunde)
6. Lewensvaardighede (Liggaamlike opvoeding: Persoonlike en Sosiale Welsyn en Skeppende Kunste)
Gr. 7-leerlinge het drie addisionele vakke, nl.:
1. Tegnologie
2. Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
3. Kuns en kultuur ( Visuele kuns en musiek)
Die skool beskik oor ‘n goed toegeruste rekenaarsentrum waar almal die geleentheid kry om rekenaargeletterdheid aan te leer.
Wat kan ouers doen om hul kinders te ondersteun?
• Gaan huiswerk na.
• Raak betrokke by die skool.
• Maak seker dat u u kind se toetse sien en teken.
• Spreek hom/haar aan oor die verantwoordelikheid ten opsigte van selfdissipline.
Fasiliteite
Alle klaskamers is toegerus met witborde en dataprojektors.

